1 Kings 12:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe die hele Israel hoor dat Jeróbeam teruggekom het, het hulle gestuur en hom na die vergadering geroep en hom koning oor die hele Israel gemaak; daar was niemand wat die huis van Dawid gevolg het nie, behalwe die stam van Juda alleen.
Afrikaans (NLV) 2011 Na die volk van Israel gehoor het dat Jerobeam terug was uit Egipte, het hulle hom na ’n vergadering laat kom en hom koning oor die hele Israel gemaak. Net die stam van Juda het getrou gebly aan die afstammelinge van Dawid.
Afrikaans 1933/1953 Sodra die hele Israel gehoor het dat Jerobeam terug was, het hulle hom na die vergadering laat roep en hom oor die hele Israel koning gemaak; niemand het die huis van Dawid gevolg nie, behalwe die stam van Juda alleen.
Afrikaans 1983 Toe die Israeliete verneem dat Jerobeam teruggekom het uit Egipte, het hulle hom na 'n volksvergadering toe laat kom en hom koning gemaak oor die hele Israel. Niemand behalwe die Judastam het die koningshuis van Dawid aangehang nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe die hele Israel hoor dat Jerobeam teruggekeer het, het hulle hom na die volksvergadering ontbied en hom koning gemaak oor die hele Israel. Niemand het die huis van Dawid gevolg nie, behalwe die stam van Juda alleen.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe al die mense van Israel hoor dat Jerobeam teruggekom het, het hulle hom laat roep na die vergadering van die leiers en hulle het hom koning gemaak van al die mense van Israel. Niemand het by die koningshuis van Dawid gebly nie, net die mense van die Juda-stam het by Rehabeam gebly.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Nadat Jerobeam se terugkeer uit Egipte oral bekend geword het, het die mense hom na ’n groot volksbyeenkoms uitgenooi. Daar het hulle hom toe voor almal koning gemaak. So het Jerobeam die nuwe koning van Israel geword. In die suide het net die stam van Juda nog aan die huis van Dawid behoort.