1 Kings 12:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dit het gebeur toe Jeróbeam, die seun van Nebat, wat nog in Egipte was, dit hoor, want hy het gevlug voor die aangesig van koning Salomo, en Jeróbeam het in Egipte gewoon.
Afrikaans (NLV) 2011 Jerobeam seun van Nebat was nog in Egipte waarheen hy vir Salomo gevlug het. Toe hy hiervan hoor, het hy uit Egipte teruggekom.
Afrikaans 1933/1953 En net toe Jerobeam, die seun van Nebat, dit hoor -- hy was nog in Egipte, waarheen hy vir koning Salomo weggevlug het, en Jerobeam was in Egipte woonagtig,
Afrikaans 1983 Jerobeam seun van Nebat het die berig gekry toe hy nog in Egipte was waarheen hy vir koning Salomo gevlug het. Hy het daar gewoon,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe Jerobeam, seun van Nebat, dit hoor – hy was nog steeds in Egipte, waarheen hy van koning Salomo af weggevlug het – het hy in Egipte gebly.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jerobeam seun van Nebat het dit gehoor. Hy was nog in die land Egipte, want hy het daarnatoe gevlug omdat hy bang was vir koning Salomo. Hy het daar gaan woon,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe Jerobeam die seun van Nebat van hierdie groot volksbyeenkoms hoor, is hy onmiddellik uit Egipte weg. Hy het destyds soontoe gevlug omdat Salomo hom wou doodmaak.