1 Kings 12:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe stuur koning Rehabeam vir Adoram, wat oor die belasting was; en die hele Israel het hom met klippe gestenig, sodat hy gesterf het. Daarom het koning Rehabeam hom gehaas om hom op sy strydwa te laat klim om na Jerusalem te vlug.
Afrikaans (NLV) 2011 Koning Rehabeam stuur toe vir Adoniram wat oor die dwangarbeid was, na Israel toe. Die Israeliete het hom egter met klippe doodgegooi. Koning Rehabeam kon net betyds in sy strydwa kom en na Jerusalem toe vlug.
Afrikaans 1933/1953 Toe stuur koning Reh beam Adoram wat oor die dwangarbeid was, maar die hele Israel het hom gestenig, sodat hy gesterf het; en koning Reh beam het hom tot die uiterste toe geweer om op 'n wa te klim, om na Jerusalem te vlug.
Afrikaans 1983 Koning Rehabeam het vir Adoniram wat in bevel van die dwangarbeid was, na Israel toe gestuur, maar die Israeliete het hom met klippe doodgegooi, en koning Rehabeam self het dit net-net reggekry om op sy strydwa te kom en na Jerusalem toe te vlug.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Koning Rehabeam het Adoniram, wat in bevel van die dwangarbeid was, gestuur, maar die hele Israel het hom met klippe gegooi en hy het gesterf. Koning Rehabeam het daarin geslaag om op sy strydwa te klim om na Jerusalem te vlug.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Adoram was die hoof van die mense wat vir die koning moes werk. Koning Rehabeam het vir Adoram gestuur na die mense van Israel toe, maar hulle het vir Adoram doodgegooi met klippe. Koning Rehabeam moes vinnig op sy oorlogkar klim en na Jerusalem vlug.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Rehabeam het vir Adoniram, die man wat Salomo nog oor die dwangarbeiders aangestel het, gestuur om met Israel te gaan praat. Hulle het hom so gehaat dat hulle hom sommer met klippe doodgegooi het. Toe Rehabeam sien wat gebeur, moes hy vinnig voor die skare padgee. Hy het net-net weggekom en is terug Jerusalem toe.