1 Kings 12:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe die hele Israel dan sien dat die koning nie na hulle luister nie, het die volk die koning geantwoord en gesê: Watter deel het ons aan Dawid? en ons het geen erfdeel in die seun van Isai nie; na jou tente, o Israel, kyk nou na jou huis, Dawid! En Israel het na hulle tente gegaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe die Israeliete besef dat die koning hulle versoek verwerp het, het hulle geskreeu: “Wat het ons aan Dawid en sy koningshuis? In die seun van Isai het ons geen aandeel nie! Gaan terug na julle huise toe, Israel! Sorg julle nou maar vir julleself, huis van Dawid!” Die volk het toe teruggegaan na hulle huise toe.
Afrikaans 1933/1953 Toe die hele Israel sien dat die koning nie na hulle luister nie, het die volk die koning geantwoord en gesê: Watter aandeel het ons aan Dawid? en daar is geen erfdeel aan die seun van Isai nie! Na julle tente toe, Israel! Kyk nou na jou eie huis, Dawid! Daarop het Israel na sy tente gegaan.
Afrikaans 1983 Toe die Israeliete hoor dat die koning nie aan hulle versoek voldoen het nie, het hulle vir hom gesê: “Dawid is nie deel van ons nie; ons het niks aan Isai se seun nie! Elkeen terug na sy woonplek toe, Israel! Kyk nou maar na jou eie huis, Dawid!” Israel is toe terug na sy eie woongebied toe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe die hele Israel sien dat die koning nie na hulle luister nie, het die volk die koning geantwoord: “Watter aanspraak het ons op Dawid? Ons het geen erfdeel in die seun van Isai nie; elkeen na sy tente toe, Israel! Sien nou om na jou eie huis, Dawid!” Israel het toe na hulle tente gegaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe al die mense van Israel sien die koning luister nie na hulle nie, het hulle vir die koning laat weet: “Ons is nie Dawid se familie nie, die seun van Isai was nie een van ons nie. Mense van Israel, gaan terug na julle tente! Dawid, nou moet jy jou eie huis oppas.” Die mense van Israel het toe teruggegaan na hulle tente.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe die noorde se mense Rehabeam se storie hoor, het hulle almal begin skree: “Weg met Dawid en sy nageslag! Ons is nie deel van Dawid se mense nie! Wat het hulle al ooit vir ons gedoen! Israel, kom ons gaan huis toe. Laat Rehabeam maar self sien en kom klaar.” So het die mense van Israel hulle teen Rehabeam verset.