1 Kings 12:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom het die koning nie na die volk geluister nie; want die oorsaak was van die HERE, dat Hy sy woord kon volbring wat die HERE deur die diens van Ahía, die Siloniet, aan Jeróbeam, die seun van Nebat, gespreek het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die koning het nie toegegee aan die versoek van die volk nie. Hierdie wending was die werk van die Here volgens sy boodskap aan Jerobeam seun van Nebat deur die profeet Agija uit Silo. |
| Afrikaans 1933/1953 | So het die koning dan nie na die volk geluister nie, want dit was 'n beskikking van die HERE, sodat Hy sy woord sou vervul wat die HERE gespreek het deur die diens van Ah¡a, die Siloniet, tot Jerobeam, die seun van Nebat. |
| Afrikaans 1983 | Die koning het nie aan die versoek van die volk voldoen nie. Dit was 'n beskikking van die Here sodat Hy sy belofte kon hou wat Hy deur Agija van Silo aan Jerobeam seun van Nebat gegee het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die koning het nie na die volk geluister nie, want dit was 'n beskikking van die Here, sodat Hy sy belofte wat Hy by monde van Agija, die man uit Silo, aan Jerobeam, seun van Nebat, gemaak het, gestand kon doen. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die koning het nie geluister na die volk nie, want die Here het dit so laat gebeur. Die Here wou doen wat Hy vir Jerobeam seun van Nebat gesê het toe Hy vir Agija van Silo gestuur het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dinge het presies gebeur soos die Here deur die profeet Agija van Silo vir Jerobeam gesê het. Dit is waarom Rehabeam nie eens na die ouer mense wou luister nie. |