1 Kings 12:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die jongmanne wat saam met hom grootgeword het, het met hom gespreek en gesê: So moet jy met hierdie volk spreek wat met jou gespreek het en gesê het: Jou vader het ons juk swaar gemaak, maar maak dit vir ons ligter; so moet jy vir hulle sê: My pinkie sal dikker wees as my vader se lendene. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die jong manne wat saam met hom grootgeword het, het hom geantwoord: “Jy moet soos volg reageer teenoor die mense wat gesê het: ‘U pa het ons ’n swaar las laat dra. Verminder tog die arbeidslas.’ Só moet jy vir hulle sê: ‘My pinkie is dikker as my pa se middellyf. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die jongmanne wat saam met hom grootgeword het, antwoord hom en sê: So moet u hierdie volk antwoord wat met u gespreek en gesê het: U vader het ons juk swaar gemaak, maar maak u dit ligter oor ons -- so moet u hulle antwoord: My pinkie is dikker as my vader se lendene. |
| Afrikaans 1983 | Die jongmanne wat saam met hom grootgeword het, het vir hom gesê: “U moet die volk soos volg antwoord. Hulle het vir u gesê: ‘U vader het ons 'n swaar juk laat dra, maak u vir ons die juk ligter.’ U moet vir hulle sê: “My pinkie is dikker as my pa se middellyf. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die jong manne wat saam met hom grootgeword het, sê toe vir hom: “So moet jy sê vir hierdie volk wat vir jou gesê het, ‘U vader het ons juk swaar gemaak; maar u, maak dit ligter op ons!’ So moet jy dit aan hulle stel, ‘My pinkie is dikker as my vader se middellyf. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die jongmanne wat saam met Rehabeam grootgeword het, het vir hom gesê: “Hierdie mense het vir jou gesê dat jou pa hulle baie hard laat werk het, en jy moenie hulle so hard laat werk nie. Jy moet vir hulle sê: ‘My pinkie is dikker as my pa se lyf. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die jong mans het geantwoord: “Sê vir hulle: ‘My pinkie is dikker as my pa se middel.’ |