1 Kings 11:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die HERE was toornig op Salomo, omdat sy hart bekeer was van die HERE, die God van Israel, wat twee maal aan hom verskyn het, |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here was baie ontevrede met Salomo omdat hy die Here, die God van Israel wat twee keer aan hom verskyn het, verlaat het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom was die HERE toornig op Salomo, omdat sy hart afgewyk het van die HERE, die God van Israel, wat twee maal aan hom verskyn het, |
| Afrikaans 1983 | Die toorn van die Here het teen Salomo ontvlam omdat hy nie meer die Here die God van Israel gedien het nie. Tevore het God twee keer aan hom verskyn |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here was toornig op Salomo, omdat sy hart afgewyk het van die Here, die God van Israel, wat twee maal aan hom verskyn het, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het kwaad geword vir Salomo, want Salomo het opgehou om die Here te dien, Salomo het nie meer die God van Israel gedien nie, die God wat twee maal aan hom verskyn het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here was diep teleurgesteld in Salomo en het kwaad geword vir hom. Alhoewel die Here twee keer aan Salomo verskyn het, het hy die Here nie meer liefgehad nie. |