1 Kings 11:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het Salomo 'n hoogte gebou vir Kamos, die gruwel van Moab, op die heuwel wat voor Jerusalem lê, en vir Molog, die gruwel van die kinders van Ammon. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Op die heuwel oos van Jerusalem het hy selfs ’n hoogte vir Kemos, die walglike god van Moab, gebou, asook een vir Molek, die afskuwelike god van die Ammoniete. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het Salomo 'n hoogte gebou op die berg wat oostelik van Jerusalem lê, vir Kamos, die verfoeisel van die Moabiete, en vir Molog, die verfoeisel van die kinders van Ammon. |
| Afrikaans 1983 | Salomo het selfs op die berg teenoor Jerusalem 'n hoogte gebou vir die diens van Kemos, die afskuwelike god van Moab, en vir Molek, die afskuwelike god van die Ammoniete. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Salomo het toe 'n •offerhoogte vir die verfoeilike god van Moab gebou op die berg wat oos van Jerusalem lê, en ook vir •Moleg, die verfoeilike god van die Ammoniete. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het op die berg naby Jerusalem 'n offer-plek gebou vir Kemos, die afgod van die Moabiete, en vir Molek, die afgod van die Ammoniete. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Op die berg oos van Jerusalem het hy ’n plek gebou waar Kemos, die verskriklike god van Moab, en Milkom, daardie aaklige god van Ammon, aanbid kon word. |