1 Kings 11:43 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Salomo het ontslaap met sy vaders en is begrawe in die stad van sy vader Dawid; en sy seun Rehábeam het in sy plek geregeer.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe hy sterf, is hy in die stad van sy pa, Dawid, begrawe. Sy seun Rehabeam het hom opgevolg.
Afrikaans 1933/1953 Daarna het Salomo met sy vaders ontslaap en is begrawe in die stad van sy vader Dawid; en sy seun Reh beam het in sy plek koning geword.
Afrikaans 1983 Hy is oorlede, en hy is begrawe by sy pa in die Dawidstad. Sy seun Rehabeam het hom as koning opgevolg.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Salomo het by sy voorouers gaan rus en is begrawe in die Stad van Dawid, sy vader. Sy seun Rehabeam het in sy plek koning geword.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Salomo het gesterf, en hulle het hom begrawe in die stad van sy pa Dawid. Salomo se seun Rehabeam het koning geword ná Salomo.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Salomo is dood en is in Jerusalem, die stad van Dawid, begrawe. Sy seun Rehabeam het hom opgevolg.