1 Kings 11:40 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het Salomo probeer om Jerobeam dood te maak. En Jeróbeam het hom klaargemaak en na Egipte gevlug, na Sisak, die koning van Egipte, en hy was in Egipte tot die dood van Salomo.
Afrikaans (NLV) 2011 Salomo het Jerobeam probeer doodmaak, maar hy het na koning Sisak van Egipte gevlug en daar gewag tot Salomo se dood.
Afrikaans 1933/1953 En Salomo het geprobeer om Jerobeam om te bring; maar Jerobeam het hom klaargemaak en gevlug na Egipte, na Sisak, die koning van Egipte, en was in Egipte tot die dood van Salomo.
Afrikaans 1983 Hierna wou Salomo vir Jerobeam om die lewe bring. Jerobeam het egter na Egipte toe gevlug waar hy onder beskerming van koning Sisak van Egipte gebly het tot Salomo se dood.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Salomo het probeer om Jerobeam dood te maak, maar Jerobeam het gereedgemaak en na Egipte gevlug, na Sisak, die koning van Egipte. Hy was in Egipte tot met die dood van Salomo.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Salomo wou vir Jerobeam laat doodmaak. Jerobeam het toe weggegaan en hy het na Egipte gevlug. Hy het na koning Sisak van Egipte gegaan en hy het daar gebly totdat Salomo gesterf het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe Salomo hoor wat met Jerobeam gebeur het, wou hy hom net daar doodmaak. Maar Jerobeam het na koning Sisak van Egipte toe gevlug. Daar het hy gebly totdat hy gehoor het Salomo is dood.