1 Kings 11:38 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En as jy luister na alles wat Ek jou beveel, en in my weë wandel en doen wat reg is in my oë, om my insettinge en my gebooie te onderhou, soos my kneg Dawid gedoen het; dat Ek met jou sal wees en vir jou 'n vaste huis sal bou soos Ek vir Dawid gebou het, en Ek sal Israel aan jou gee.
Afrikaans (NLV) 2011 As jy vir My luister en volgens my wil lewe en doen wat Ek as reg beskou; as jy my gebooie en bepalings gehoorsaam soos my dienaar Dawid gedoen het, dan sal Ek altyd by jou wees. Ek sal ’n blywende koningshuis vir jou oprig soos Ek vir Dawid gemaak het en Ek sal Israel vir jou gee.
Afrikaans 1933/1953 En as jy luister na alles wat Ek jou beveel en wandel in my weë en doen wat reg is in my oë deur my insettinge en my gebooie te hou, soos my kneg Dawid gedoen het, dan sal Ek met jou wees en vir jou 'n bestendige huis stig, soos Ek vir Dawid gestig het, en Israel aan jou gee.
Afrikaans 1983 As jy gehoor gee aan alles wat Ek jou sal beveel, as jy jou lewe inrig volgens my wil, as jy doen wat reg is in my oë deurdat jy jou hou aan my voorskrifte en gebooie, soos my dienaar Dawid gedoen het, sal Ek by jou wees. Soos Ek Dawid se nageslag in stand hou, sal Ek joune ook in stand hou. Ek sal Israel aan jou gee
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As jy dan luister na alles wat Ek jou beveel, my paaie volg en doen wat reg is in my oë deur my vaste voorskrifte en gebooie na te kom, soos my dienskneg Dawid gedoen het, sal Ek met jou wees en vir jou 'n bestendige huis bou, soos ek dit vir Dawid gebou het. Ek sal Israel vir jou gee.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal dit vir jou doen as jy gehoorsaam is en alles doen wat Ek vir jou sê, en as jy lewe soos Ek wil hê en die regte dinge doen waarvan Ek hou. As jy doen wat Ek in my wette gesê het, soos my dienaar Dawid gedoen het, dan sal Ek by jou wees en Ek sal vir jou 'n nageslag gee wat konings sal wees, soos Ek vir Dawid gegee het, en Ek sal Israel vir jou gee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As jy mooi na My luister en volgens my wil leef, sal dit met jou goed gaan. As jy ’n koning soos Dawid is, sal Ek altyd naby aan jou wees. Ek sal jou koningskap voorspoedig maak en Ek sal sorg dat iemand uit jou nageslag altyd oor Israel regeer. Ek sal vir jou doen wat Ek vir Dawid gedoen het.