1 Kings 11:36 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En aan sy seun sal Ek een stam gee, sodat my kneg Dawid altyd 'n lig voor my aangesig kan hê in Jerusalem, die stad wat Ek vir My uitverkies het om my Naam daar te vestig.
Afrikaans (NLV) 2011 Sy seun sal een stam behou sodat die troon van my dienaar Dawid bestendig sal wees in Jerusalem, die stad wat Ek gekies het ter ere van my Naam.
Afrikaans 1933/1953 en aan sy seun sal Ek een stam gee, sodat my kneg Dawid altyd 'n lamp kan hê voor my aangesig in Jerusalem, die stad wat Ek vir My verkies het om my Naam daar te vestig;
Afrikaans 1983 en vir sy seun gaan Ek net een gee, sodat die troon van my dienaar Dawid bestendig sal wees in Jerusalem, die stad wat Ek verkies het om my Naam daar te vestig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Aan sy seun sal Ek een stam gee, sodat daar altyd 'n lamp vir Dawid, my dienskneg, voor My sal wees in Jerusalem, die stad wat Ek vir My gekies het om my Naam daar te vestig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal een stam vir sy seun gee sodat hy hulle koning kan bly, en sodat die lamp van die nageslag van my dienaar Dawid kan aanhou brand in Jerusalem, die stad wat Ek vir My gekies het om aan My te behoort.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Een stam sal nog oorbly en Salomo se nageslag sal daaroor regeer. Soos Ek belowe het, sal daar altyd een van Dawid se nageslag in Jerusalem regeer. Jerusalem is die stad wat Ek gekies het en dit is die plek waar Ek aanbid word.