1 Kings 11:34 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar Ek sal nie die hele koninkryk uit sy hand neem nie, maar Ek sal hom as vors aanstel al die dae van sy lewe ter wille van my kneg Dawid, wat Ek uitverkies het, omdat hy my gebooie en my insettinge gehou het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “‘Tog sal Ek nie die hele koningskap van hom wegneem nie. Ter wille van my dienaar Dawid, die een wat Ek gekies het en wat my bevele en gebooie gehoorsaam het, sal Ek Salomo toelaat om vir die res van sy lewe te regeer, |
| Afrikaans 1933/1953 | Ek sal ewenwel die koningskap as geheel nie uit sy hand neem nie, maar Ek sal hom as vors aanstel al die dae van sy lewe ter wille van my kneg Dawid wat Ek verkies het, wat my gebooie en my insettinge gehou het. |
| Afrikaans 1983 | Ek sal nogtans nie die hele koningskap van hom wegvat nie. Ek sal hom sy lewe lank koning laat bly ter wille van my dienaar Dawid wat Ek uitverkies het en wat hom aan my gebooie en voorskrifte gehou het, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek sal nie die hele koninkryk uit sy hand neem nie, maar hom as leier aanstel solank hy leef, ter wille van Dawid, my dienskneg, wat Ek gekies het, hy wat my wette en vaste voorskrifte nagekom het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar Ek sal nie die hele land wegvat van Salomo nie, hy sal aanhou regeer terwyl hy lewe. Ek sal dit doen omdat Ek lief was vir my dienaar Dawid wat Ek gekies het, hy het gedoen wat Ek in my wette gesê het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Terwyl Salomo nog leef, gaan daar niks gebeur nie. Sy koninkryk sal nie tydens sy regering verdeel word nie. Ek doen dit ter wille van Dawid wat Ek gekies het, wat vir My lief was en wat na my gebooie en wette geluister het. |