1 Kings 11:33 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Omdat hulle My verlaat het en Astarte, die godin van die Sidoniërs, Kamos, die god van die Moabiete, en Milkom, die god van die kinders van Ammon, aanbid het en nie in my weë gewandel het om te doen wat reg is in myne nie oë, en om my insettinge en my verordeninge te onderhou, soos sy vader Dawid gedoen het.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit sal gebeur omdat Salomo My verlaat het en Astarte die godin van die Sidoniërs, Kemos die god van Moab, en Milkom die god van die Ammoniete, aanbid. Hy leef nie meer volgens my wil nie en hy doen wat nie vir My reg is nie. Hy kom nie my gebooie en voorskrifte na soos sy pa Dawid gedoen het nie.
Afrikaans 1933/1953 omdat hulle My verlaat en hul neergebuig het voor Ast rte, die godin van die Sidoniërs, voor Kamos, die god van die Moabiete, en voor Milkom, die god van die kinders van Ammon, en nie gewandel het in my weë deur te doen wat reg is in my oë, naamlik my insettinge en my verordeninge, soos sy vader Dawid nie.
Afrikaans 1983 Maar Salomo het My verlaat en Astarte die godin van die Sidoniërs, Kemos die god van Moab, en Milkom die god van die Ammoniete, aanbid. Hy het nie meer geleef volgens my wil en gedoen wat reg is in my oë nie of my voorskrifte en bepalings nagekom soos sy vader Dawid gedoen het nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit is omdat hulle My verlaat het en in aanbidding buig voor Astarte, die godin van die Sidoniërs en voor Kemos, die god van Moab, en voor Milkom, die god van die Ammoniete. Hulle het nie op my paaie gebly deur te doen wat reg is in my oë, en my vaste voorskrifte en bepalings uit te voer soos Salomo se vader Dawid nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek vat die land weg van Salomo en sy familie omdat hulle weggegaan het van My en gebuig het voor Astarte, die godin van die Sidoniërs, en voor Kemos, die god van die Moabiete, en voor Milkom, die god van die Ammoniete. Salomo het nie gelewe soos Ek wou hê nie en hy het nie die regte dinge gedoen waarvan Ek hou nie, die dinge wat Ek in my wette gesê het. Sy pa Dawid het dit gedoen, hy het reg gelewe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek doen al hierdie dinge omdat Salomo My nie meer liefhet nie. Hy het ander gode begin aanbid. Gode soos Astarte die godin van Sidon, Kemos die god van Moab en Milkom die god van Ammon. Salomo het nie meer na My geluister nie. Hy het nie soos sy pa, Dawid, volgens my wil geleef nie.