1 Kings 11:32 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | (Maar hy sal een stam hê ter wille van my kneg Dawid en ter wille van Jerusalem, die stad wat Ek uit al die stamme van Israel uitverkies het.) |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek sal een stam vir hom laat oorbly ter wille van my dienaar Dawid, en ter wille van Jerusalem wat Ek uit al die stamme van Israel gekies het. |
| Afrikaans 1933/1953 | maar die een stam sal syne wees ter wille van my kneg Dawid en ter wille van Jerusalem, die stad wat Ek verkies het uit al die stamme van Israel -- |
| Afrikaans 1983 | die orige stam sal syne bly ter wille van my dienaar Dawid, en ter wille van Jerusalem, die stad wat Ek tussen al die stamme van Israel uitgekies het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar die een stam sal syne wees, ter wille van my dienskneg Dawid en ter wille van Jerusalem, die stad wat Ek gekies het uit al die stamme van Israel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Salomo sal een stam hou omdat Ek lief was vir Dawid en omdat Ek lief is vir Jerusalem, die stad wat Ek gekies het van al die stede van die stamme van Israel. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Salomo se koninkryk sal dan uit net een stam, die stam van Juda, bestaan. Ter wille van Dawid, en omdat Ek Jerusalem bo alle plekke gekies het om in te woon, sal Salomo se nageslag oor hierdie een stam regeer. |