1 Kings 11:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het sewe honderd vroue, prinsesse en drie honderd byvroue gehad, en sy vroue het sy hart afgewend.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het 700 vroue van koninklike afkoms gehad en 300 byvroue. Hierdie vroue het hom toe inderdaad verlei.
Afrikaans 1933/1953 En hy het sewe honderd vroue, vorstinne, gehad, en drie honderd byvroue, sodat sy vroue sy hart verlei het.
Afrikaans 1983 Hy het sewe honderd vrouens uit vorstelike families gehad, en ook nog drie honderd byvroue. Dit was sy vrouens wat hom verlei het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het sewehonderd vroue van koninklike stand en driehonderd byvroue gehad. Sy vroue het sy hart verlei.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het getrou met 700 vroue wat dogters van konings was en met 300 byvroue, en sy vroue het hom verlei.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Salomo het met 700 prinsesse van ander lande getrou en dan het hy ook nog 300 byvroue gehad. Hulle het sy hart van die Here af laat wegdraai.