1 Kings 11:28 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die man Jeróbeam was 'n dapper held; en toe Salomo die jongman sien dat hy vlytig was, het hy hom aangestel as heerser oor al die diens van die huis van Josef. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jerobeam was ’n baie bekwame man sodat Salomo hom in beheer geplaas het van die dwangarbeid uit die stamme van Efraim en Manasse. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die man Jerobeam was 'n dapper held. Toe Salomo sien dat die jongman 'n bekwame arbeider was, het hy hom aangestel oor al die dwangarbeiders van die huis van Josef. |
| Afrikaans 1983 | Jerobeam was 'n gesiene landsburger, en toe Salomo sien dat hy bekwaam is, het hy die toesig oor die dwangarbeid van die Josefstam aan hom opgedra. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die man Jerobeam was 'n bekwame man. Salomo het gesien dat die jong man iemand is wat 'n taak afhandel. Hy het hom toe aangestel oor al die dwangarbeiders van die huis van Josef. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die jongman Jerobeam was 'n belangrike man, en Salomo het gesien die jongman kan goed werk. Toe kies Salomo hom om die hoof te wees van al die mense van die Josef-stamme wat vir die koning moes werk. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jerobeam het ook daar gewerk. Hy was jonk, ambisieus en hardwerkend. Salomo het dit raakgesien en Jerobeam oor die dwangarbeiders aangestel. Hy moes die mense van Manasse en Efraim (dit is die Josefstam) dwing om vir Salomo te werk. |