1 Kings 11:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Jeróbeam, die seun van Nebat, 'n Efratiet van Sereda, die dienaar van Salomo, wie se moeder se naam was Serúa, 'n weduwee, ja, hy het sy hand opgehef teen die koning.
Afrikaans (NLV) 2011 Daar was ook nog ’n ander opstandeling. Sy naam was Jerobeam seun van Nebat, een van Salomo se amptenare. Hy was ’n Efratiet uit Sereda. Sy ma was Serua, ’n weduwee.
Afrikaans 1933/1953 Ook Jerobeam, die seun van Nebat, 'n Efraimiet uit Ser,da -- die naam van sy moeder was Serua, 'n weduwee -- 'n dienaar van Salomo, het sy hand opgehef teen die koning.
Afrikaans 1983 Daar was ook Jerobeam seun van Nebat, 'n Efratiet uit Sereda. Sy ma was Serua, 'n weduwee. Hy was 'n onderdaan van Salomo wat teen die koning in opstand gekom het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daar was ook Jerobeam, seun van Nebat, 'n dienaar van Salomo, 'n Efraimiet uit Sereda. Die naam van sy moeder, 'n weduwee, was Serua. Maar hy het teen die koning in opstand gekom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jerobeam seun van Nebat was 'n amptenaar van koning Salomo. Jerobeam het van Efrat in Sereda gekom en hy was die seun van Serua, 'n weduwee. Jerobeam het opstandig geword teen die koning.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Nog iemand wat teen Salomo gerebelleer het, was Jerobeam. Hy was die seun van Nebat, ’n Efratiet uit Sereda. Sy ma was Serua, ’n weduwee.