1 Kings 11:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy was 'n teëstander van Israel al die dae van Salomo, behalwe die onheil wat Hadad gedoen het; en hy het 'n afsku gehad van Israel en het oor Aram geregeer.
Afrikaans (NLV) 2011 Solank Salomo geleef het, was Reson ’n vyand van Israel. Dit was benewens die kwaad wat Hadad aangerig het. Reson was koning van Aram en het Israel intens gehaat.
Afrikaans 1933/1953 En hy was 'n teëstander van Israel al die dae van Salomo -- en dit nog by die kwaad wat Hadad gedoen het -- want hy het 'n afsku van Israel gehad, en hy het oor Aram koning geword.
Afrikaans 1983 Hy was vyandig teen Israel solank Salomo geleef het. Dit was nog behalwe die kwaad wat Hadad gedoen het. Reson was koning van Aram en hy het Israel verafsku.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy was 'n teenstander van Israel solank Salomo geleef het, bo en behalwe die kwaad wat Hadad aangerig het. Hy het 'n afsku in Israel gehad en oor Aram regeer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Reson was 'n vyand van Israel terwyl Salomo gelewe het en hy het baie slegte dinge gedoen, soos Hadad. Reson was die koning van die Arameërs en hy het Israel gehaat.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Reson het Israel gehaat en was ’n geswore vyand van Salomo.