1 Kings 11:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het manne by hom versamel en owerste oor 'n bende geword toe Dawid hulle van Soba gedood het; en hulle het na Damaskus gegaan en daarin gewoon en in Damaskus geregeer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het ’n klompie manne om hom bymekaargemaak en die leier van die bende geword. In die tyd toe Dawid die magte van Soba verslaan het, het Reson en sy mense na Damaskus toe gevlug. Hy het daar gaan woon en koning geword. |
| Afrikaans 1933/1953 | In die tyd toe Dawid hulle gedood het, het hy manne om hom versamel, sodat hy owerste van 'n bende was; en hulle het na Damaskus getrek en daarin gewoon en in Damaskus geregeer. |
| Afrikaans 1983 | Reson het 'n groep mans om hom versamel, en hy was die leier van die bende. In die tyd toe Dawid die Arameërs uitgeroei het, het hulle na Damaskus toe gevlug. Hulle het in Damaskus gaan woon en Reson daar tot koning uitgeroep. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het manne om hom vergader en die •aanvoerder van 'n rowerbende geword juis toe Dawid besig was om 'n slagting onder sy mense aan te rig. Hulle het toe na Damaskus gegaan, daar gaan woon en in Damaskus die bewind oorgeneem. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Reson het 'n groep manne bymekaargemaak en hy was hulle leier. Toe Dawid die Arameërs begin doodmaak, het Reson na Damaskus gegaan en hy het daar gaan woon. Die mense van Damaskus het gesê hy moet hulle koning wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit het in die tyd gebeur toe Dawid vir Hadad-Eser verslaan en sy Siriese bondgenote vernietig het. Reson en sy manne is toe vinnig daar weg en het in Damaskus gaan bly. Daar het hulle hom koning van Sirië gemaak. |