1 Kings 11:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En God het hom 'n ander teëstander opgewek, Reson, die seun van Eljada, wat vir sy heer Hadadéser, die koning van Soba, gevlug het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | God het ook Reson, seun van Eljada, en onderdaan van koning Hadad-Eser van Soba, aangehits om teen Salomo in opstand te kom. Reson het vir die koning gevlug. |
| Afrikaans 1933/1953 | God het ook as teëstander vir hom verwek Reson, die seun van Âljada, 'n vlugteling van sy heer Hadad,ser, die koning van Soba. |
| Afrikaans 1983 | God het nog iemand teen Salomo in opstand laat kom: Reson seun van Eljada, 'n onderdaan van koning Hadad-Eser van Soba wat vir die koning gevlug het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | God het vir Salomo nog 'n teenstander laat opstaan – Reson, seun van Eljada, wat gevlug het van sy heer, Hadad-Eser, die koning van Soba. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar was nog iemand wat 'n vyand van Salomo geword het. Dit was Reson seun van Eljada. Die Here het dit so laat gebeur: Reson het weggevlug van sy koning, koning Hadad-Eser van die land Soba. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Reson seun van Eljada het hom ook teen Salomo verset. Reson het vir koning Hadad-Eser van Soba gewerk, maar op ’n dag het hy in opstand gekom en is van die koning af weg. |