1 Kings 11:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe Hadad in Egipte hoor dat Dawid ontslaap het met sy vaders en dat Joab, die leërowerste, dood was, het Hadad vir Farao gesê: Laat my vertrek, dat ek na my land kan gaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe Hadad in Egipte hoor dat sowel Dawid as Joab, die opperbevelvoerder van sy leër, dood is, sê hy vir die farao: “Laat my gaan sodat ek na my eie land kan terugkeer.”
Afrikaans 1933/1953 Maar toe Hadad in Egipte hoor dat Dawid met sy vaders ontslaap het en Joab, die leërowerste, dood was, sê Hadad vir Farao: Laat my gaan, dat ek na my land kan trek.
Afrikaans 1983 Toe Hadad in Egipte verneem dat Dawid te sterwe gekom het en dat Joab, die hoof van die leër, ook dood was, het hy vir die farao gesê: “Laat my toe om na my land toe terug te gaan.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar toe Hadad in Egipte hoor dat Dawid by sy voorouers gaan rus het, en dat Joab, die bevelvoerder van die leër, gesterf het, sê Hadad vir die farao: “Laat my gaan, sodat ek na my land kan terugkeer.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hadad het daar in Egipte gehoor dat Dawid en Joab, die hoof van die leër, gesterf het. Hadad sê toe vir die farao: “Jy moet my laat gaan, ek wil teruggaan na my land.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe Hadad hoor dat Dawid en Joab albei dood is, het hy vir die koning gesê: “Laat my asseblief na my land teruggaan.”