1 Kings 11:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die suster van Tagpenes het vir hom sy seun Genubat gebaar, wat Tahpenes in die huis van Farao gespeen het; en Genubat was in die huis van Farao onder die seuns van Farao.
Afrikaans (NLV) 2011 Sy het vir Hadad ’n seun, Genubat, in die wêreld gebring. Tagpenes het hom saam met die farao se eie kinders in die farao se paleis grootgemaak.
Afrikaans 1933/1953 En die suster van T gpenes het vir hom sy seun Genubat gebaar, maar T gpenes het hom in die huis van Farao gespeen, sodat Genubat in die huis van Farao was onder die kinders van Farao.
Afrikaans 1983 Sy het vir Hadad 'n seun in die wêreld gebring met die naam Genubat. Tagpenes het die seun in die farao se paleis versorg, waar hy saam met die farao se kinders grootgeword het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die suster van Tagpenes het vir hom sy seun, Genubat, in die wêreld gebring. Tagpenes het hom in die farao se paleis gespeen. Genubat was tussen die farao se seuns in die paleis van die farao.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die suster van Tagpenes het 'n seun gekry. Die seun se naam was Genubat. Tagpenes het die seun, Genubat, in die paleis grootgemaak. Genubat was in die paleis tussen die farao se kinders.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sy het vir Hadad ’n seun gegee wat hy Genubat genoem het. Genubat is deur die koningin grootgemaak en het net soos die ander seuns van die koning geleef.