1 Kings 11:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Van die nasies waaroor die HERE aan die kinders van Israel gesê het: Julle mag nie by hulle ingaan nie, en hulle mag nie na julle ingaan nie; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here het duidelik vir die Israeliete gesê: “Julle mag nie met hierdie nasies ondertrou nie. Hulle sal julle verlei om hulle gode te aanbid.” Nogtans het Salomo op hulle verlief geraak. |
| Afrikaans 1933/1953 | uit die nasies waarvan die HERE aan die kinders van Israel gesê het: Julle mag nie met hulle meng nie, en hulle mag nie met julle meng nie; hulle sal voorwaar julle hart verlei agter hulle gode aan -- Salomo het hulle met liefde aangehang. |
| Afrikaans 1983 | Dit was die nasies waarvan die Here vir die Israeliete gesê het: “Julle mag nie met hulle omgaan nie, en julle mag nie toelaat dat hulle met julle omgaan nie, want hulle sal julle net verlei om hulle gode te aanbid.” Salomo het egter juis op hierdie vrouens verlief geraak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | vroue uit die nasies van wie die Here vir die Israeliete gesê het: “Julle mag met hulle nie omgaan nie, en hulle mag met julle nie omgaan nie. Hulle sal beslis julle harte verlei om hulle gode te volg.” Salomo was juis aan hierdie gode verknog. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het vir die Israeliete gesê: “Julle moenie by daardie volke kom nie, en hulle moenie by julle kom nie, want hulle sal julle verlei om ander gode te dien.” Dit was die vroue vir wie Salomo lief was. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Salomo het vir hulle lief geraak en met hulle getrou al was die Here daarteen gekant. Hy het Israel altyd gewaarsku om nie met dié vroue te trou nie. Hulle kon Israel baie maklik van die Here af wegrokkel en hulle ander gode laat aanbid. |