1 Kings 11:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Hadad het groot guns gevind in die oë van Farao, sodat hy aan hom die suster van sy eie vrou, die suster van Tahpenes, die koningin, as vrou gegee het.
Afrikaans (NLV) 2011 Die farao het so baie van Hadad gehou dat hy sy skoonsuster, die suster van sy vrou koningin Tagpenes, vir hom as vrou gegee het.
Afrikaans 1933/1953 En Hadad het groot guns gevind in die oë van Farao, sodat die aan hom sy vrou se suster, die suster van T gpenes, die gebiedster, as vrou gegee het.
Afrikaans 1983 Die farao het so baie van Hadad gehou dat hy hom laat trou het met sy skoonsuster, die suster van koningin Tagpenes.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die farao het so baie van Hadad gehou dat hy vir hom sy vrou se suster, die suster van Tagpenes, die koningin, as vrou gegee het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die farao het baie gehou van Hadad en hy het vir hom 'n vrou gegee. Sy was die suster van koningin Tagpenes, die farao se vrou.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hadad en die koning het goeie vriende geword. Die koning het selfs sy skoonsuster, die suster van koningin Tagpenes, vir Hadad as vrou gegee.