1 Kings 11:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het uit Mídian opgestaan en in Paran aangekom; wat hom 'n huis gegee het en vir hom voedsel aangestel het en hom grond gegee het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het deur Midian na Paran toe getrek. Daar het nog mense by hulle aangesluit. Hiervandaan het hulle na Egipte toe gegaan, na die farao, die koning van Egipte. Hy het vir hulle woonplek, kos en grond gegee. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle het uit M¡dian weggetrek en in Paran aangekom, en uit Paran manne met hulle saamgeneem en in Egipte aangekom by Farao, die koning van Egipte, wat hom 'n huis gegee en aan hom voedsel toegesê en hom grond gegee het. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het deur Midian getrek tot in Paran. Van daar af het hulle 'n aantal mans met hulle saamgevat en verder getrek tot hulle in Egipte by die farao, die koning van Egipte, aangekom het. Dié het vir Hadad 'n huis gegee, hom van voedsel voorsien en aan hom 'n stuk grond toegeken. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het uit Midian vertrek en Paran bereik. Hulle het toe manne uit Paran met hulle saamgeneem en in Egipte aangekom by die farao, die koning van Egipte. Dié het vir hom 'n huis gegee, kosvoorraad aan hom toegesê en ook 'n stuk land vir hom gegee. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hadad en die manne het uit die land Midian gegaan en hulle het in die land Paran gekom. Hulle het manne van Paran saamgeneem en hulle het in Egipte gekom by die farao, die koning van Egipte. Die koning het vir Hadad 'n huis gegee en hy het gesê hoeveel kos Hadad moet kry. Hy het ook vir Hadad grond gegee. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het deur Midian by Paran aangekom. Daar het ander mense ook by hulle aangesluit en hulle is saam daar weg. Toe hulle in Egipte aankom, is hulle reguit na die koning toe. Die koning het vir Hadad ’n stuk grond met ’n huis gegee en hom van kos voorsien. |