1 Kings 11:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want toe Dawid in Edom was, en Joab, die leërowerste, opgegaan het om die gesneuweldes te begrawe, nadat hy al wat manlik was in Edom, verslaan het;
Afrikaans (NLV) 2011 Jare vantevore het Dawid saam met Joab, die opperbevelhebber van sy leër, na Edom toe gegaan om dié wat gesneuwel het, te begrawe. Dit was nadat die leër van Israel feitlik elke manlike persoon in Edom doodgemaak het.
Afrikaans 1933/1953 Toe Dawid dan met Edom besig was, en Joab, die leërowerste, opgetrek het om die gesneuweldes te begrawe, het hy al wat manlik was, in Edom doodgeslaan --
Afrikaans 1983 Toe Dawid vroeër teen Edom geveg het, het Joab, die hoof van die leër, die gesneuweldes gaan begrawe nadat hy al die mans in Edom doodgemaak het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe Dawid Edom verslaan het, het Joab, die bevelvoerder van die leër, terwyl hy opgetrek het om die gesneuweldes te begrawe, elke manlike persoon in Edom neergevel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) In die tyd toe Dawid gelewe het, het die Israeliete oorlog gemaak teen die Edomiete. Joab, die hoof van die leër, het die manne gaan begrawe wat in die oorlog gesterf het. Joab het al die mans en die seuns in die land Edom doodgemaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Lank gelede, toe Dawid Edom oorwin het, het Joab, die hoof van sy leërmag, daarheen gegaan en al die mans doodgemaak en begrawe.