1 Kings 11:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die HERE het 'n teëstander vir Salomo verwek, Hadad, die Edomiet; hy was uit die koning se nageslag in Edom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe het die Here Hadad die Edomiet, ’n familielid van die koning van Edom, aangepor om teen Salomo in opstand te kom. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die HERE het vir Salomo as teëstander verwek Hadad, die Edomiet; hy was van die koninklike familie in Edom. |
| Afrikaans 1983 | Die Here het iemand beskik wat teen Salomo in opstand gekom het. Hy was Hadad die Edomiet uit die koninklike familie van Edom. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarna het die Here vir Hadad, die Edomiet, as teenstander van Salomo laat opstaan. Hy was uit die koninklike geslag in Edom. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het iets laat gebeur sodat Hadad 'n vyand van Salomo geword het. Hadad was 'n Edomiet. Hy was van die koningsfamilie van die land Edom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Deur die Here se toedoen het Hadad teen Salomo in opstand gekom. Hadad was deel van die koningshuis in Edom. |