1 Kings 11:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar Ek sal nie die hele koninkryk verskeur nie; maar sal aan u seun een stam gee ter wille van my kneg Dawid en ter wille van Jerusalem wat Ek uitverkies het.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek sal ook nie die hele koninkryk afskeur nie. Ter wille van my dienaar Dawid en ter wille van Jerusalem wat Ek uitgekies het, sal Ek wel een stam vir jou seun laat oorbly.”
Afrikaans 1933/1953 Maar Ek sal nie die hele koningskap afskeur nie; een stam sal Ek aan jou seun gee ter wille van my kneg Dawid en ter wille van Jerusalem wat Ek verkies het.
Afrikaans 1983 Ek sal ook nie die hele koninkryk wegneem nie, maar ter wille van my dienaar Dawid en ter wille van Jerusalem wat Ék uitverkies het, gaan Ek een stam vir jou seun laat oorbly.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die hele koninkryk sal Ek egter nie wegskeur nie. Een stam sal Ek vir jou seun gee, ter wille van Dawid, my dienskneg, en ter wille van Jerusalem, wat Ek gekies het. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal die land wegvat van jou seun. Ek sal ook nie die hele land wegvat nie. Ek sal vir jou seun een stam laat oorbly omdat Ek lief was vir my dienaar Dawid en omdat Ek lief is vir Jerusalem, die stad wat Ek gekies het.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek sal egter nie die hele koninkryk wegneem nie. Ek sal een stam, die stam van Juda, ter wille van Dawid en ter wille van Jerusalem, waarin Ek aanbid word, laat oorbly.”