1 Kings 11:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar koning Salomo het baie vreemde vroue liefgehad, saam met die dogter van Farao, vroue van die Moabiete, Ammoniete, Edomiete, Sidoniërs en Hetiete; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Koning Salomo het baie buitelandse vroue liefgekry. Benewens die farao se dogter het hy vroue uit Moab, Ammon, Edom, Sidon en uit die Hetiete gehad. |
| Afrikaans 1933/1953 | En koning Salomo het baie uitlandse vroue liefgehad; en wel behalwe die dogter van Farao, Moabitiese, Ammonitiese, Edomitiese, Sidoniese, Hetitiese -- |
| Afrikaans 1983 | Koning Salomo was lief vir baie uitlandse vrouens. Behalwe die dogter van die farao het hy ook vrouens uit die Moabiete, Ammoniete, Edomiete, Sidoniërs en Hetiete gehad. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Koning Salomo het baie uitlandse vroue liefgehad. Saam met die dogter van die farao was daar Moabitiese, Ammonitiese, Edomitiese, Sidoniese en Hetitiese vroue, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Koning Salomo was lief vir baie vroue van ander lande. Hy het getrou met die dogter van die farao en ook met Moabitiese vroue, Ammonitiese vroue, Edomitiese vroue, Sidoniese vroue en Hetitiese vroue. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Salomo was lief vir buitelandse vroue en hy het baie van hulle gehad. Behalwe die dogter van die Egiptiese koning was hy ook met vroue uit Moab, Ammon, Edom, Sidon en die land van die Hetiete getroud. |