1 Kings 10:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Geloofd sy die HERE jou God wat behae in jou gehad het om jou op die troon van Israel te sit, omdat die HERE Israel vir ewig liefgehad het, daarom het Hy jou koning gemaak om reg en geregtigheid te doen.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here u God kom die lof toe omdat Hy soveel liefde aan u bewys het en u op die troon van Israel gesit het. Dis omdat die Here Israel eindeloos liefhet dat Hy u koning oor Israel gemaak het sodat u in reg en geregtigheid kan regeer.”
Afrikaans 1933/1953 Geloofd sy die HERE u God wat behae in u gehad het om u op die troon van Israel te laat sit! Omdat die HERE Israel vir ewig liefhet, het Hy u as koning aangestel om reg en geregtigheid te doen.
Afrikaans 1983 Geloof sy u God, die Here, wat aan u soveel liefde bewys dat Hy u op die troon van Israel gesit het! Dit is omdat die Here Israel vir altyd liefhet dat Hy u as koning oor hulle aangestel het om die orde en die reg te handhaaf.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here u God moet geprys word, Hy wat u so goedgesind is om u op die troon van Israel te plaas. Omdat die Here Israel altyd liefhet, het Hy u as koning aangestel om reg en geregtigheid te laat geskied. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek prys jou God die Here wat so baie van jou hou dat Hy jou koning laat word het oor Israel, Hy is altyd lief vir die volk. Hy het jou koning laat word om reg te doen en regverdig te wees.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Prys die Here, u God! Hy het u so liefgehad dat Hy u koning van Israel gemaak het. Hy het ook sy volk Israel so liefgehad dat Hy u as koning aangestel het sodat u vir hulle kan leer hoe om reg te leef.”