1 Kings 10:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Gelukkig is u manne, gelukkig is hierdie u dienaars wat gedurigdeur voor u staan en u wysheid hoor. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hoe bevoorreg is hierdie volk! Wat ’n voorreg vir u amptenare om in u diens te staan en hier dag vir dag u wysheid aan te hoor! |
| Afrikaans 1933/1953 | Gelukkig is u manne, gelukkig hierdie dienaars van u wat gedurig voor u staan, wat u wysheid hoor. |
| Afrikaans 1983 | Hoe bevoorreg is u mense en hoe bevoorreg is hierdie amptenare van u dat hulle gedurig in u diens staan en u wysheid aanhoor! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hoe gelukkig is u manne, hoe gelukkig hierdie dienaars van u, hulle wat voortdurend in u diens staan, hulle wat u wysheid aanhoor! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die manne wat vir jou werk en wat altyd by jou is, is gelukkige mense, want hulle kan luister na die wyse dinge wat jy sê. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hoe gelukkig is u mense darem nie! Hoe gelukkig is die amptenare nie wat elke dag saam met u werk en al u wysheid hoor nie! |