1 Kings 10:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar ek het die woorde nie geglo nie, totdat ek gekom het, en my oë het dit gesien; en kyk, die helfte is my nie meegedeel nie; u wysheid en voorspoed oortref die roem wat ek gehoor het.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek kon dit nie glo voordat ek hier aangekom het en dit self met my eie oë gesien het nie. Trouens, ek het nie eers van die helfte daarvan gehoor nie! U wysheid en voorspoed is baie meer as waarvan ek gehoor het.
Afrikaans 1933/1953 en ek het die woorde nie geglo nie, totdat ek gekom en my oë gesien het; en kyk, die helfte is my nie meegedeel nie. U oortref in wysheid en in welvaart die gerug wat ek gehoor het.
Afrikaans 1983 Ek het nie geglo wat hulle vir my gesê het nie totdat ek gekom en myself oortuig het. Nou weet ek dat nie eers die helfte vir my vertel is nie. U het alles wat ek oor u wysheid en voortreflikheid gehoor het, ver oortref.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar ek het die berigte nie geglo nie, totdat ek gekom en dit met my eie oë gesien het. Kyk, die helfte is my nie vertel nie! In wysheid en welvaart oortref u die gerugte wat ek gehoor het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het dit nie geglo nie, maar nou het ek gekom en ek het dit self gesien. En regtig, ek het nog nie alles gehoor nie, ek het minder as die helfte gehoor. Jy is 'n wyse man. Die mense het vir my vertel dat jy ryk is, maar ek sien nou dat jy baie ryk is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek moes self kom kyk, anders sou ek dit nooit geglo het nie. En ek het skaars nog die helfte gehoor. U kennis en u rykdom is nog baie groter as wat hulle my vertel het.