1 Kings 10:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En sy het aan die koning gesê: Dit was 'n ware gerug wat ek in my land gehoor het van jou dade en van jou wysheid. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sy sê toe vir die koning: “Alles wat ek in my land van u en u wysheid gehoor het, is waar! |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop sê sy aan die koning: Die woord was waarheid wat ek in my land gehoor het oor u en oor u wysheid; |
| Afrikaans 1983 | Sy het vir die koning gesê: “Wat ek in my land oor u en u wysheid gehoor het, is waar. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sy sê toe vir die koning: “Die berig wat ek in my land gehoor het oor u prestasies en u wysheid was werklik waar. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Sy het vir die koning gesê: “Ek het in my land gehoor van die dinge wat jy alles doen en ek het gehoor van jou wysheid. Dit is alles waar. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Sy het vir Salomo gesê: “Alles wat ek van u in my eie land gehoor het, is waar. Alles is presies soos die mense gesê het. |