1 Kings 10:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die spys van sy tafel en die aansit van sy dienaars en die diens van sy dienaars en hulle klere en sy skinkers en sy opgang waarmee hy opgegaan het na die huis van die HERE; daar was geen gees meer in haar nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | die kos op sy tafel, hoe hy sy amptenare laat aansit het, die bediening en die uniforms van sy tafelbediendes en sy kelners, asook die brandoffers wat Salomo by die tempel van die Here geoffer het. Dit alles het haar na haar asem laat snak. |
| Afrikaans 1933/1953 | en die voedsel van sy tafel en hoe sy dienaars sit en sy bediendes staan, en hulle klere, en sy dranke en sy trap waarmee hy opklim in die huis van die HERE, was daar in haar geen gees meer nie. |
| Afrikaans 1983 | die geregte op sy tafel, die manier waarop sy amptenare aangesit het, die bediening deur sy tafelbediendes, hulle monderings, sy skinkers en van die optog wanneer hy na die huis van die Here toe opgegaan het. Haar asem het daarvan weggeslaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | die kos op sy tafel, die plasing van sy amptenare, sy bediendes wat gereed staan, hulle uitrustings, sy skinkers en die •brandoffers wat hy bring in die huis van die Here, is haar asem weggeslaan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | ook die kos op sy tafel en sy amptenare wat by die tafel sit, sy bediendes wat daar staan, die klere wat hulle aangetrek het, die manne wat wyn in die bekers gooi, en die brand-offer wat Salomo by die tempel offer. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe sy die kos op die tafel sien, asook die wonings van sy amptenare, die vermoë van sy paleispersoneel om goed te organiseer, die klere van sy amptenare, die bediening van sy kelners, en die offers wat hy by die tempel gebring het, het sy na haar asem gesnak. |