1 Kings 10:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En 'n wa het opgetrek en uit Egipte getrek vir ses honderd sikkels silwer en 'n perd vir honderd en vyftig; en so het hulle hulle vir al die konings van die Hetiete en die konings van Aram uitgelei deur hulle beteken.
Afrikaans (NLV) 2011 Egiptiese strydwaens het sewe kilogram silwer elk gekos en ’n perd sowat een en ’n driekwart kilogram silwer. ’n Perd is teen dieselfde prys aan die konings van die Hetiete en die konings van Aram verkoop. Die transaksies is deur middel van die handelaars gedoen.
Afrikaans 1933/1953 En 'n wa het uit Egipte opgekom, en dit is verkoop vir ses honderd sikkels silwer, en 'n perd vir honderd en vyftig; en so is dit vir al die konings van die Hetiete en vir die konings van Aram deur hulle uitgevoer.
Afrikaans 1983 Om 'n wa uit Egipte in te voer, het net minder as sewe kilogram silwer gekos, en 'n perd ongeveer een en 'n driekwart kilogram. Dieselfde pryse is aan die Hetitiese en die Aramese konings betaal. Die invoer het deur bemiddeling van die handelaars geskied.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) 'n Strydwa uit Egipte ingevoer, het seshonderd sikkel silwer gekos en 'n perd honderd-en-vyftig sikkel. So is deur hulle toedoen strydwaens en perde uitgevoer na al die konings van die Hetiete en die konings van Aram.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) 'n Oorlogkar van Egipte het 600 sikkels silwer gekos en 'n perd het 150 sikkels silwer gekos. Salomo het dit ook betaal vir die perde en oorlogkarre van die konings van die Hetiete en die Arameërs.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Salomo se handelaars het die perde en die strydwaens weer aan die Hetitiese en Aramese konings verkoop. ’n Wa het amper sewe, en ’n perd amper twee kilogram silwer gekos.