1 Kings 10:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Salomo het perde uit Egipte laat uitbring en linne-gare; die handelaars van die koning het die linne teen 'n prys ontvang.
Afrikaans (NLV) 2011 Sy perde het hy uit Egipte en Kewé ingevoer. Die koninklike handelaars het hulle daar teen ’n bepaalde prys aangekoop.
Afrikaans 1933/1953 En die uitvoer van perde vir Salomo was uit Egipte en uit Kw,; handelaars van die koning het dit uit Kw, gaan haal teen koopprys.
Afrikaans 1983 Perde is vir Salomo uit Egipte en Kewé ingevoer. Die handelaars wat deur die koning aangestel is, het hulle daar gaan koop vir die prys waarop ooreengekom is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die perde wat aan Salomo behoort het, is ingevoer uit Egipte en Kewé. Handelaars van die koning het hulle van Kewé teen 'n vasgestelde prys gekry.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Salomo het perde uit Egipte en uit die land Kewe gekry. Sy handelaars het die perde in Kewe gaan koop.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die koning se manne het vir hom perde uit Egipte en Kewé ingevoer. Hulle het dit in Kewé vir ’n goeie prys gekry en dan Jerusalem toe gebring. Strydwaens is ook uit Egipte ingevoer.