1 Kings 10:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Salomo het strydwaens en ruiters bymekaargemaak, en hy het duisend-vierhonderd strydwaens en twaalfduisend ruiters gehad, wat hy in die stede vir strydwaens en by die koning in Jerusalem gegee het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Salomo het ’n groot mag van strydwaens en ruiters opgebou. Hy het 1 400 strydwaens gehad en 12 000 perderuiters. Hy het hulle in die strydwastede geplaas en sommige by die koning in Jerusalem. |
| Afrikaans 1933/1953 | Verder het Salomo strydwaens en perderuiters versamel, sodat hy veertien honderd waens en twaalf duisend perderuiters gehad het; en hy het dit in die stede vir die waens en by die koning in Jerusalem opgestel. |
| Afrikaans 1983 | Salomo het 'n mag van strydwaens en ruiters bymekaargebring. Hy het veertien honderd strydwaens en twaalf duisend ruiters gehad. Hy het hulle gestasioneer in die strydwaposte en by die paleis in Jerusalem. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Salomo het strydwaens en spanne perde bymekaargemaak. Hy het eenduisend vierhonderd strydwaens en twaalfduisend perde gehad. Hy het hulle in die strydwastede en by hom, die koning, in Jerusalem gehou. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Salomo het oorlogkarre en ryperde bymekaargemaak. Hy het 1 400 oorlogkarre en 12 000 ryperde gehad. Hy het party perde in die stede laat bly om die oorlogkarre te trek en hy het party perde by hom in Jerusalem laat bly. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Salomo het ook ’n groot weermag van 1 400 strydwaens en 12 000 ruiters opgebou. ’n Deel van die weermag was in Jerusalem en die res op ander plekke. |