1 Kings 10:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want die koning het op see 'n vloot van Tarsis gehad saam met die vloot van Hiram; een keer in drie jaar het die vloot van Tarsis gekom en goud en silwer, ivoor en ape en poue gebring. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die koning het ’n Tarsisvloot gehad wat saam met dié van Hiram uitgevaar het. Elke drie jaar het hierdie Tarsisvloot teruggekeer, belaai met goud, silwer, ivoor, ape en bobbejane. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want die koning het Tarsis-skepe op die see gehad by die skepe van Hiram; een maal in drie jaar het die Tarsis-skepe ingekom, gelaai met goud en silwer, ivoor en ape en poue. |
| Afrikaans 1983 | Die koning het 'n vloot gehad wat saam met dié van Hiram na Tarsis toe gevaar het. Om die drie jaar het die Tarsisvloot teruggekom, vol goud en silwer, ivoor, ape en bobbejane. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die koning se handelskepe was immers op see saam met Hiram se vloot, en een keer in drie jaar het die handelskepe aangekom, gelaai met goud en silwer, ivoor, bobbejane en ape. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Koning Salomo se skepe waarop die handelaars was, was op die see saam met die skepe van koning Hiram. Die skepe het elke drie jaar teruggekom. Die skepe was vol goud en silwer, ivoor, ape en bobbejane. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Salomo het ook ’n uitstekende vloot gehad. Sy skepe het altyd saam met Hiram se vloot na ver plekke geseil. Elke drie jaar het hulle dan met goud, silwer, ivoor, ape en bobbejane teruggekom. |