1 Kings 10:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die troon het ses trappe gehad, en die top van die troon was van agter rond, en daar was stutte aan weerskante op die plek van die stoel, en twee leeus het langs die stutte gestaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Die troon het ses trappies gehad en die kopstuk agter was rond. Aan albei kante van die troon was daar armleunings met ’n beeld van ’n leeu langsaan.
Afrikaans 1933/1953 Die troon het ses trappe gehad, en die kopstuk van die troon was van agter rond, en aan weerskante was trapleunings by die sitplek, terwyl twee leeus langs die leunings staan.
Afrikaans 1983 Die troon het ses trappe gehad en die kopstuk agter was rond. Weerskante van die sitplek was daar armleunings, met 'n leeu langs elkeen.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daar was ses trappe vir die troon, en die sitplek het 'n rug met 'n ronde bokant en armleunings aan elke kant gehad. Twee leeus het langs die armleunings gestaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die troon het ses trappe gehad en die kopstuk was agter rond. Langs altwee kante van die sitplek was armleunings waar die koning se arms kon rus, en daar was twee leeus langs die armleunings.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die troon het ses trappe gehad waarmee ’n mens tot bo kon loop. Die troon se kopstuk was rond en by elke armleuning het daar ’n groot beeld van ’n leeu gestaan.