1 Kings 10:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het drie honderd skilde van geslae goud gemaak; drie pond goud het vir een skild gegaan, en die koning het dit in die huis van die Líbanon-woud gesit. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het ook 300 klein skilde van bladgoud gemaak en ongeveer twee kilogram goud vir elkeen gebruik. Die koning het hierdie skilde in die Libanonsbosgebou geplaas. |
| Afrikaans 1933/1953 | en drie honderd klein skilde van geslae goud; drie mines goud het hy op elke klein skild gebruik, en die koning het dit in die huis van die L¡banon-bos gesit. |
| Afrikaans 1983 | Hy het ook nog drie honderd klein skilde van goud gemaak; hier het hy sowat twee kilogram vir elke skild gebruik. Die koning het hulle opgestel in die Libanonsbosgebou. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het ook driehonderd kleinskilde gemaak, met geplette goud daarop. Elkeen van hierdie skilde het hy met drie mina goud oorgetrek. Die koning het dit in die saal, Bos van die Libanon, geplaas. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het ook 300 klein skilde laat maak. Hulle het drie mines goud vir elke skild gebruik. Die koning het die skilde in die houthuis gesit. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het ook 300 kleiner skilde gemaak en elkeen met amper twee kilogram goud oorgetrek. Salomo het al hierdie skilde aan die mure van die Libanonsbosgebou gehang. |