1 Kings 10:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En koning Salomo het twee honderd skuiwe van geslae goud gemaak: seshonderd sikkels goud het vir een teiken gegaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Koning Salomo het 200 groot skilde van bladgoud gemaak. Hy het ongeveer sewe kilogram goud vir elke skild gebruik.
Afrikaans 1933/1953 En koning Salomo het twee honderd groot skilde van geslae goud gemaak; ses honderd sikkels goud het hy op elke groot skild gebruik;
Afrikaans 1983 Koning Salomo het twee honderd groot skilde van goud gemaak; hy het vir elke skild byna sewe kilogram goud gebruik.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Koning Salomo het tweehonderd grootskilde gemaak, met geplette goud daarop. Met seshonderd sikkel goud het hy elke skild oorgetrek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het 200 groot skilde laat maak. Hulle het 600 sikkels goud vir elke skild gebruik.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Salomo het 200 groot skilde gemaak en elkeen met sewe kilogram goud laat oortrek.