1 Kings 10:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarbenewens het hy van die handelaars en van die handeldryf van die speseryhandelaars en van al die konings van Arabië en van die goewerneurs van die land gehad. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit is afgesien van die inkomste wat hy van reisigers en handelaars, al die konings van Arabië en die streeksbestuurders in Israel ontvang het. |
| Afrikaans 1933/1953 | behalwe wat ingekom het van die koopmans wat rondtrek, en van die wins van die handelaars en van al die konings van die gemengde bevolking en van die goewerneurs van die land. |
| Afrikaans 1983 | behalwe nog wat die reisigers en handelaars en al die konings van Arabië en die Israelitiese goewerneurs ingebring het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit was afgesien van die goud wat gekom het van die handelsreisigers, van die wins van handelaars, en van al die konings van die Arabiere en die •streekgoewerneurs van die land. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het ook nog goud gekry van die mense wat deur sy land gegaan het, en van die handelaars, en van al die konings van Arabië, en van die goewerneurs in die land Israel. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit is afgesien van die handelaars se belasting, asook die geld wat die Arabiese konings en die twaalf streke van Israel moes betaal. |