1 Kings 10:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En koning Salomo het aan die koningin van Skeba al haar begeerte gegee, wat sy ook al gevra het, behalwe wat Salomo haar van sy koninklike oorvloed gegee het. Toe het sy omgedraai en na haar eie land gegaan, sy en haar dienaars.
Afrikaans (NLV) 2011 Koning Salomo het vir die koningin van Skeba alles gegee waarvoor sy gevra het. Dit was bo en behalwe die ander geskenke wat hy as koning gegee het. Daarna het sy en haar gevolg vertrek en na haar eie land toe teruggegaan.
Afrikaans 1933/1953 En koning Salomo het aan die koningin van Skeba al haar begeerte gegee wat sy gevra het, bo wat hy haar na die vermoë van koning Salomo gegee het. Daarop het sy omgedraai en na haar land getrek, sy en haar dienaars.
Afrikaans 1983 Vir die koningin van Skeba het koning Salomo alles gegee wat sy begeer en gevra het, buiten nog wat hy uit sy eie vir haar gegee het. Sy is toe terug na haar land toe, sy en haar gevolg.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Koning Salomo weer het vir die koningin van Skeba alles gegee wat sy wou hê en waarvoor sy gevra het, afgesien van wat hy vir haar gegee het soos gepas vir koning Salomo. Daarna het sy omgedraai en na haar land gegaan, sy en haar dienaars.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Koning Salomo het vir die koningin van Skeba alles gegee wat sy wou hê, hy het alles gegee, alles wat sy gevra het. Hy het ook nog ander presente vir haar gegee, presente wat hy self besluit het om vir haar te gee. Sy en haar amptenare het toe teruggegaan na haar land.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Koning Salomo het die koningin van Skeba alles gegee wat sy begeer en gevra het. Dit is nou behalwe die geskenke wat hy uit sy eie vir haar gegee het. Sy is toe met haar hele geselskap daar weg en het na die land van Skeba teruggegaan.