1 Kings 10:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die koning het van die amandelbome pilare gemaak vir die huis van die HERE en vir die huis van die koning, ook siters en harpe vir die sangers; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die koning het die jenewerhout gebruik om relings vir die tempel van die Here en die koninklike paleis te maak, en liere en harpe vir die musikante. Nooit tevore of daarna is sulke pragtige jenewerhout gesien nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En van die sandelhout het die koning trapleunings gemaak vir die huis van die HERE en die huis van die koning, en siters en harpe vir die sangers; so het daar geen sandelhout ingekom en is daar nie gesien tot vandag toe nie. |
| Afrikaans 1983 | Die koning het die jenewerhout gebruik vir relings by die huis van die Here en by die koninklike paleis, en vir die liere en harpe van die musikante. Daar is tot vandag toe nie sulke jenewerhout gesien nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Van die sandelhout het die koning balustrades gemaak vir die huis van die Here en vir die koninklike paleis, en ook liere en harpe vir die sangers. So 'n groot hoeveelheid sandelhout het nog nooit tevore daar aangekom en is nog nooit weer, tot vandag toe, daar gesien nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die koning het die jenewerhout gebruik om tralies te maak in die tempel en in die paleis en ook om liere en harpe te maak vir die mense wat sing. Daar het nooit weer jenewerhout in die land gekom wat so mooi was nie. Tot vandag toe het niemand weer hout gesien wat so mooi is nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Salomo het van die jenewerhout relings vir die tempel en die paleis gemaak. Hy het ook vir die tempelsangers harpe en liere van die hout laat maak. Dit was die allerbeste jenewerhout wat nog ooit na Israel toe gebring is. Hierna sou daar ook nooit weer sulke kosbare hout in Israel wees nie.) |