1 Kings 10:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En ook die vloot van Hiram, wat goud uit Ofir gebring het, het uit Ofir 'n groot menigte amandelbome en edelgesteentes ingebring. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe Hiram se skepe goud uit Ofir gebring het, het hulle ook baie jenewerhout en waardevolle edelstene saamgebring. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar ook die skepe van Hiram wat goud uit Ofir gaan haal het, het uit Ofir 'n groot menigte sandelhout en edelgesteentes gebring. |
| Afrikaans 1983 | Bowendien het die skepe van Hiram wat die goud uit Ofir gebring het, ook nog 'n groot hoeveelheid jenewerhout en edelstene gebring. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ook die vloot van Hiram, wat goud uit Ofir vervoer het, het groot hoeveelhede sandelhout en edelstene uit Ofir gebring. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die skepe van koning Hiram wat goud in Ofir gaan haal het, het ook baie jenewerhout en edelstene saamgebring. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | (Hiram se vloot wat vir Salomo goud uit Ofir gebring het, het ook ’n groot hoeveelheid jenewerhout en juwele saamgebring. |