1 Kings 10:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe die koningin van Skeba hoor van die gerug van Salomo oor die Naam van die HERE, het sy gekom om hom met moeilike vrae te toets.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe die koningin van Skeba van Salomo se aansien en van die Naam van die Here hoor, het sy self gekom om hom met moeilike vrae te toets.
Afrikaans 1933/1953 En toe die koningin van Skeba die gerug van Salomo hoor in verband met die Naam van die HERE, het sy gekom om hom met raaisels op die proef te stel.
Afrikaans 1983 Die koningin van Skeba het gehoor wat van Salomo en die Naam van die Here vertel word en sy het toe self gekom om Salomo met moeilike vrae te toets.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die koningin van Skeba het die berigte oor Salomo bly hoor, iets wat die Naam van die Here tot eer gestrek het. Sy het toe gekom om hom met raaisels te toets.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die koningin van die land Skeba het gehoor dat die mense oor Salomo en oor die Here praat, en sy het gekom om te hoor of Salomo regtig so baie wysheid het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die koningin van Skeba het van Salomo en die Naam van die Here gehoor en besluit om hom in Jerusalem te gaan besoek. Sy wou hom met moeilike vrae toets.