1 Kings 1:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En sy vader het hom nog nooit in die oë geslaan deur te sê: Waarom het jy so gedoen nie? en hy was ook 'n baie mooi man; en sy moeder het hom ná Absalom gebaar. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sy pa, koning Dawid, het hom van kleins af nooit gedissiplineer of selfs vir hom gevra: “Wat doen jy nou?” nie. Adonia was die tweede oudste seun ná Absalom. Hy was baie aantreklik. |
| Afrikaans 1933/1953 | En sy vader het hom sy lewe lank nie gekrenk deur te sê nie: Waarom maak jy so? Bowendien was hy ook baie mooi van gestalte, en sy moeder het hom nAbsalom gebaar. |
| Afrikaans 1983 | Sy vader het hom van kleins af nooit berispe of vir hom gevra: “Hoekom maak jy so?” nie. Adonia, die jonger broer van Absalom, was 'n baie mooi man. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sy lewe lank het sy vader hom nie tereggewys deur te sê, “Hoekom tree jy so op?” nie. Ook hy was 'n besonder aantreklike man. Sy moeder het hom ná Absalom in die wêreld gebring. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Vandat hy klein was, het sy pa nooit met hom geraas nie en nooit vir hom gevra hoekom hy verkeerde dinge gedoen het nie. Adonia was 'n mooi man en hy was Absalom se jonger broer. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Sy pa het egter nooit met hom geraas nie en hy het gedoen net wat hy wou. Adonia was ’n mooi jongman, maar baie ambisieus; hy wou graag koning word. Hy het toe vir hom ’n klomp strydwaens, perde en 50 lyfwagte gekry. |