1 Kings 1:52 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Salomo: As hy homself 'n waardige man toon, sal geen haar van hom op die aarde val nie; maar as goddeloosheid in hom gevind word, sal hy sterwe.
Afrikaans (NLV) 2011 Salomo het geantwoord: “As hy bewys lewer dat hy betroubaar is, sal hy niks oorkom nie. Maar as hy dit nie doen nie, sal hy sterf.”
Afrikaans 1933/1953 Daarop sê Salomo: As hy 'n betroubare man sal wees, sal geen haar van hom op die aarde val nie; maar as daar kwaad in hom gevind word, moet hy sterwe.
Afrikaans 1983 “As hy hom goed gedra,” sê Salomo toe, “sal daar nie aan 'n haar op sy kop geraak word nie. Maar as hy kwaad doen, moet hy dood.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarop het Salomo gesê: “As hy 'n betroubare man is, sal daar van hom nie 'n enkele haar op die grond val nie; maar as daar kwaad in hom gevind word, sal hy sterf.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Salomo het gesê: “As Adonia niks verkeerd doen nie, dan sal niks met hom gebeur nie, nie een van sy hare sal op die grond val nie. Maar as hy iets verkeerd doen, dan sal hy sterf.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Salomo het geantwoord: “Laat hom tog maar gaan. En sê vir hom as hy aan die koning getrou is, sal daar nie eens ’n haar van sy kop afval nie. As hy egter verkeerd doen, sterf hy onmiddellik.”