1 Kings 1:51 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En daar is aan Salomo meegedeel en gesê: Kyk, Adonia is bang vir koning Salomo, want kyk, hy het die horings van die altaar gegryp en gesê: Laat koning Salomo vandag vir my sweer dat hy sy dienaar nie met die swaard sal doodmaak nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dis aan Salomo meegedeel: “Adonia is bang vir koning Salomo, en hy hou aan die horings van die altaar vas. Hy pleit: ‘Laat koning Salomo vandag nog onder eed verklaar dat hy my nie sal doodmaak nie!’” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe is daar aan Salomo meegedeel en gesê: Kyk, Adonia is bevrees vir koning Salomo; en kyk, hy hou die horings van die altaar vas en sê: Laat koning Salomo eers vir my sweer dat hy sy dienaar nie met die swaard sal ombring nie. |
| Afrikaans 1983 | Iemand het vir Salomo kom vertel: “Adonia is bang vir u, koning Salomo. Hy klou aan die horings van die altaar vas en hy sê: Koning Salomo moet eers vir my met 'n eed bevestig dat hy my nie sal doodmaak nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daar is aan Salomo berig gebring: “Kyk, Adonia vrees koning Salomo! Hy het sowaar die horings van die altaar beetgepak en sê, ‘Koning Salomo moet eers vir my sweer dat hy sy dienaar nie met die swaard sal doodmaak nie.’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Iemand het vir Salomo gaan sê: “Koning Salomo, Adonia is nou bang vir jou. Hy het aan die horings van die altaar gaan vashou en hy het gesê: ‘Koning Salomo moet vandag belowe, en die Here moet die getuie wees, dat hy my nie sal laat doodmaak nie.’ ” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het vir Salomo vertel dat Adonia bang is vir hom en krampagtig aan die hoeke van die altaar vasklou terwyl hy aanmekaar sê: “Ek los nie voordat koning Salomo gesweer het hy sal my nie doodmaak nie.” |